Dit is vir ons 'n eer om instrumente te wees in die Koninkryk van YHWH ons ELOHIM, daarom is dit ons passie om dit wat Vader ons voor geroep het, te voltooi met eerbied en waardigheid, en daardeur Sy naam te verhoog.
Ons begeerte is om ons roeping te voltooi, mense te help om te streef na heiligmaking en hul te leer om die outoriteit wat ons as mens ontvang het op te neem en te heers soos dit YHWH se wil is en Hom behaag. Ons vind vreugde in mense en ons koester oomblike met familie en om sterk familie bande te bou. |
Ons ag dit as die hoogste eer om geroep te word vir die bediening en om dienaars en aarbeiders te wees in die Koninkryk van die Almagtige Vader. Vir baie jare het ons die dringendheid van Vader se roeping op ons lewens ervaar en HY het ons op 'n ongelooflike reis van voorbereiding gevat tot waar ons vandag is. Ons verstaan die groeiende nood reg rondom ons vir bevryding, vryheid, vrede en waarheid en ons tree met graagte in, as nederige dienaars van Abba Vader, gewillig om die wêreld te verander om YAH’shua ons Messias
te verheerlik. Net soos Aquila en Pricilla die weg van YAH'shua gevolg het (Hand 18:26) is ons bediening om te onderrig, volgelinge van YAH'shua te maak en hulle so in volwassenheid tot die Vader te help. Ons passie is om mense te sien vrykom van slawerny en in te beweeg in volwassenheid in ons Messias en 'n lewe van oorvloed soos belowe in die Woord (Joh 10:10) te lewe. Verder is ons passie om Vader se kudde op te pas volgens Esegiel 34 en dat ons as 'n aanvaarbare lewende offer in SY oë gevind sal word |
Bank Besonderhede
Naam: Hemivision h/a Menorah Ministries
Bank: Standard Bank Tak: Benoni Tak kode: 013-042 Rekening Nommer: 02-110-876-5 Rekening Tipe: Tjek Account Swift Nommer: SBZAZAJJ Kies hier om 'n direkte aanlyn betaling te kan maak
|
Kontak Besonderhede
Pastoor: Frik en Amelia Weideman
Frik Weideman (083 459 5158) Amelia Weideman (084 580 8233) Pastoor: Riaan en Heleen Abrie Riaan Abrie (082 846 1180) Heleen Abrie (078 768 3358) Media: Charlené Pretorius (079 713 9975) |
Word deel van ons Aanlyn en WhatsApp/Telegram familie. Vir meer inligting kies hier.
|
|
|