top of page

MENORAH TABERNAKEL

2014, Die begin.

Opgewonde het ons 'n tent bekom en hard gewerk om alles reg te kry vir ons eerste diens by Menorah Tabernakel, maar op die 6de Julie 2014 moes ons noodgedwonge ons eerste diens in 'n Dubbel garage en Marquee tent hou. 

2015 kom en die gemeente groei en ons moes verhuis na ‘n saal wat gehuur word vir 2 jaar. 

Ons eerste Pesach fees by Menorah Tabernakel moes ons weer 'n tent inkry want ons wil feeshou en ons kan die saal net 1 keer 'n week gebruik.

Ons eerste Dames Tee funksie en Ons eerste Fees van Tabernakels

Pastoor Frik bedien maatskappye, hou spesiale bidure en bedien oor die radio.

Ons is weer vir 'n paar maande terug in 'n tent vir Pesach en Shavuot terwyl ons voorberei vir 'n nuwe hoofstuk van Menorah Tabernakel

In 2017 ontvang Menorah Tabernakel Abba se goedheid en guns wat ons instaat stel om ‘n plot te koop in Benoni.
Ons eie grond wat ons kan aanwend vir die Koninkryk van Elohim, sonder enige beperkings. 

2020 en Lockdown... Ons begin met ons eerste inry dienste en begin meer uitbrei oor Sosiale media. 

Om die Feeste van YHWH asook die 7de dag, die Shabbat te onderhou en te heilig lê baie na aan ons hart want ons glo dit is Abba Vader se vasgestelde tye. 

Vanaf 2024 word Menorah tabernakel se wortels vanuit Benoni na die hartjie van Namakwaland verskuif.

Plaas De Kuilen word ‘n bedieningsplaas en so word die Feeste van Elohim bekend gemaak aan ‘n verlore en vasgevangde volk.

Menorah Tabernakel Logo

Menorah Tabernakel se Hoofkantoor het geskuif na Kamieskroon, Noord Kaap.
Volg ons aanlyn op Sosiale Media.

BANK BESONDERHEDE

Naam: Hemivision (Pty) Ltd

Registrasie Nommer: 2019/592243/07

h/a: Menorah Ministries
Bank: Standard Bank
Tak: Upington
Tak kode: 050-704
Rekening Nommer: 02-110-876-5
Rekening Tipe: Tjek Account
Internasionale Swift Nommer: SBZAZAJJ​

KONTAK BESONDERHEDE

Pastoors Paar:
Frik Weideman (083 459 5158)
frik@menorahministries.co.za

Amelia Weideman (084 580 8233)
amelia@menorahministries.co.za

Media:

​Charlen​é Pretorius (079 713 9975)

  • Facebook
  • Youtube
  • Instagram

© 2024 Menorah Tabernakel

bottom of page