FRIK & AMELIA WEIDEMAN
Die roeping van voltydse bediening word as jong egpaar in Frik en Amelia se lewe gesaai. Hierdie saad ontkiem laat 2006, en sedertdien groei hierdie saad tot ‘n volwaardige boom in die Koninkryk van YHWH.
Hulle word verplant in 2014 in ‘n ongerepte oesland, waar Vader Elohim hulle ROEP om die onkruid/verkeerde teologie van Egipte, Moab, Babilon te sloop en saad van Sion (Gees en Waarheid) te saai.
Frik en Amelia klim uit die gemaksboot en loop, soos Petrus, die geloofspad op onbekende waters. Hulle gedagtes van seminare aanbied regoor Suid-Afrika word vervang met die Stem van Ruach Ha-Kodesh (Heilige Gees) om Menorah Tabernakel as ‘n voertuig te vestig om die spreekbuis van YHWH se Weȅ, Sy verordinge, Sy instruksies, Sy riglyne. Sy Shabbatte en Sy Feeste vry
te stel.
Met die onbeskryflike genade van Abba Vader word Menorah Tabernakel gemeente gestig
in 2014.
Frik en Amelia bedien die Woord vir 9 maande uit hulle dubbel motorhuis. Die gemeente groei en verhuis na ‘n saal wat gehuur word vir 2 jaar. In 2017 ontvang hulle Abba se goedheid en guns wat hulle instaat stel om ‘n plot te koop in Benoni. Deur ‘n baie moeilike covid tydperk, in 2020, veg hulle voort vir die Koninkryk van YHWH en hulle grondgebied word vergroot op sosiale media.
Gedurende 2020 word hulle geroep, soos Abraham, om hulle gebied te verlaat. So begin hulle ‘n nuwe onbekende pad stap van voorbereiding. ‘n Geestelike pad van berge op, baie draai en groot slaggate. Ten spyte van wat die vyand probeer wen hulle grondgebied vir die Koninkryk van YHWH en vestig hulself op Kamieskroon, Springbok, waar hulle die plaas De Kuilen bekom en begin met hersonering van die plaas De Kuilen.
Abba maak dit moontlik om die plaas De Kuilen ‘n bedieningsplaas te maak en so word die Feeste van Elohim bekend gemaak aan ‘n verlore en vasgevangde volk.