top of page

Torah Porsies

Génesis 47:28 – 50:26

Torah Porsie 12: Vayechi / Hy het gelewe

Jakob seën Efraim en Manasse en roep sy seuns bymekaar om met elkeen te praat. Jare later, aan die einde van sy eie lewe, herinner Josef sy broers aan Elohim se belofte om hulle uit Egipte te lei.

Génesis 44:18 – 47:27

Torah Porsie 11: Vayigash / Toe kom Hy nader

Juda bied aan om in Benjamin se plek as slaaf agter te bly. Josef maak hom aan sy broers bekend en omhels Benjamin. Hy laat haal sy vader Jakob sodat die familie die hongersnood saam in Egipte kan deurstaan.

Génesis 41:1 – 44:17

Torah Porsie 10: Miketz / Aan die einde

Elohim openbaar aan Josef wat Farao se drome beteken. Josef kry die verantwoordelikheid om graan te versamel vir die sewe maer jare. Wanneer sy broers in Egipte kom kos koop, herken hulle hom nie.

Génesis 37:1 – 40:23

Torah Porsie 9: Vayeishev / Hy het gebly

Josef droom dat sy broers se gerwe voor sy gerf neerbuig. Sy broers verkoop hom, en hy beland as slaaf in Egipte. Selfs wanneer hy onskuldig in die tronk sit, bly YHWH by hom.

Génesis 25:19 – 28:9

Torah Porsie 6: Toldot / Geslagte

Isak grawe die putte van sy vader Abraham weer oop, en YHWH bevestig Sy belofte aan hom. In Isak se huis verruil Esau sy eersgeboortereg vir ’n maaltyd, en later ontvang Jakob die seën wat Isak vir Esau bedoel het.

Génesis 23:1 – 25:18

Torah Porsie 5: Chayei Sarah / Die lewe van Sarah

Ná Sara se dood stuur Abraham sy dienaar om ’n vrou vir Isak te soek. By die put skep Rebekka water vir die vreemdeling én sy kamele. Wanneer haar familie vra of sy saam sal gaan, antwoord sy: “Ek sal gaan.”

Génesis 18:1 – 22:24

Torah Porsie 4: Vayeira / En Hy het verskyn

By Mamre verwelkom Abraham drie besoekers, en Sara hoor by die tentopening dat sy ’n seun sal hê. Jare later word Abraham se vertroue op Moria getoets, waar YHWH ’n ram in Isak se plek voorsien.

Génesis 12:1 – 17:27

Torah Porsie 3: Lech Lecha / Gaan uit jyself

Abram verlaat sy land en sy vader se huis wanneer YHWH hom roep. Onder die naghemel vra YHWH hom om die sterre te tel, en Abram glo Sy belofte dat sy nageslag so talryk sal wees.

Génesis 6:9 – 11:32

Torah Porsie 2: Noach / Noag / Rus

In ’n wêreld vol geweld wandel Noag met Elohim en bou die ark soos Hy hom beveel het. Ná die vloed plaas Elohim Sy boog in die wolke as teken van Sy verbond met die aarde.

Génesis 1:1 – 6:8

Torah Porsie 1: Beresheit / / In die begin

Elohim spreek, en lig breek deur die duisternis. Hy vorm die mens na Sy beeld, vertrou die tuin van Eden aan hom toe en sonder die sewende dag af.

Génesis 32:3 – 36:43

Torah Porsie 8: Vayishlach / Hy het uitgestuur

Die nag voordat Jakob sy broer Esau weer sien, worstel hy by die Jabbok tot dagbreek en ontvang hy die naam Israel. Ná sy ontmoeting met Elohim gaan Jakob sy broer in nederigheid tegemoet, en Esau hardloop hom met ope arms tegemoet.

Génesis 28:10 – 32:2

Torah Porsie 7: Vayetze / En Hy het versterk

Op pad van Berséba na Haran ontmoet Jakob vir YHWH by Bet-El en ontvang hy die belofte dat YHWH met hom sal wees op sy reis.

Menorah Tabernakel Logo

Menorah Tabernakel se Hoofkantoor het geskuif na Kamieskroon, Noord Kaap.
Volg ons aanlyn op Sosiale Media.

BANK BESONDERHEDE

​

Naam: Hemivision (Pty) Ltd

Registrasie Nommer: 2019/592243/07

h/a: Menorah Ministries
Bank: Standard Bank
Tak: Upington
Tak kode: 050-704
Rekening Nommer: 02-110-876-5
Rekening Tipe: Tjek Account
Internasionale Swift Nommer: SBZAZAJJ​

​​

​

​

KONTAK BESONDERHEDE

​

Pastoors Paar:
Frik Weideman (083 459 5158)
frik@menorahministries.co.za

Amelia Weideman (084 580 8233)
a.weideman@tiscali.co.za
​
Media:

​Charlen​e Pretorius (079 713 9975)

  • Facebook
  • Youtube
  • Instagram

© 2026 Menorah Tabernakel

bottom of page