top of page

WEBTUISTE ONDER KONSTRUKSIE

Ons webtuiste is tans onder konstruksie.

Ons werk hard daaraan om 'n nuwe en verbeterde ervaring vir jou te bring.

 

Seënwense. â€‹â€‹

YouTube Banner Met Skrif 22-07-2024.png

Welkom by Menorah Tabernakel

Menorah Tabernakel glo in die TOTALE Woord van ELOHIM  – vanaf Génesis tot Openbaring. Ons glo die HELE Bybel is die waarheid en dat die HELE Bybel is van toepassing op elkeen van ons.
 
Ons glo met ons hele hart en wese dat YAH’shua YHWH is en mens geword het.  Hy het op hierdie aarde kom loop, vlees geword en tussen ons kom wandel. Hy het ons kom leer wat dit is om gehoorsaamheid te wees in die instruksies en verordening.  Hy is ‘n lopende getuie van die Torah, die Woord van Skepper Lewende God. Hy is die perfekte Sondoffer en het die prys betaal vir elke mens wat geskape is. Hy is begrawe en het OPGESTAAN uit die dood as die EERSTE VRUG. Hy het opgevaar en IS die Regterhand van YHWH en Hy gaan weer terugkom om Sy bruid te kom haal.
 
Ons is 'n Messiaanse Pinkster Bediening en onderhou die 7 Feeste van YHWH. Ons erken en heilig die 7de dag, die Shabbat.  Ons glo dit is Abba Vader se vasgestelde tye. Ons is geroep om die weg gelyk te maak soos Johannes die doper in Jesaja 40:3 ('n Stem van een wat roep:  Berei in die woestyn die weg van YHWH; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse ELOHIM!). Ons wil mense help om te groei in volwassenheid en om bruid te word.
 
Missie
Om die wil van YHWH te doen.
Om mense met Vader te versoen deur YAH'shua HaMashiach (Jesus Christus)
Mense in volwassenheid te bring met Messias YAH'shua (Christus Jesus)
Mense voor te berei vir die wederkoms van Yah'shua HaMashiach..
Om 'n lewende getuie te wees op aarde en om YHWH daardeur te behaag en te verheerlik.
 
Sagaría 4:6 Toe antwoord Hy en sê vir my: Dit is die woord van die YHWH aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sê YHWH van die leërskare.

429920028_842805814316369_3351978942199057185_n.jpg

FRIK & AMELIA WEIDEMAN

Pastoorspaar

Dit is vir ons 'n eer om instrumente te wees in die Koninkryk van YHWH ons ELOHIM, daarom is dit ons passie om dit wat Vader ons voor geroep het, te voltooi met eerbied en waardigheid, en daardeur Sy naam te verhoog.

Ons begeerte is om ons roeping te voltooi, mense te help om te streef na heiligmaking en hul te leer om die outoriteit wat ons as mens ontvang het op te neem en te heers soos dit YHWH se wil is en Hom behaag.

​Ons vind vreugde in mense en ons koester oomblike met familie en om sterk familie bande te bou.

Menorah Tabernakel Logo

Menorah Tabernakel se Hoofkantoor het geskuif na Kamieskroon, Noord Kaap.
Volg ons aanlyn op Sosiale Media.

BANK BESONDERHEDE

​

Naam: Hemivision h/a Menorah Ministries
Bank: Standard Bank
Tak: Upington
Tak kode: 000-704 (051-001)
Rekening Nommer: 02-110-876-5
Rekening Tipe: Tjek Account
Internasionale Swift Nommer: SBZAZAJJ​

KONTAK BESONDERHEDE

​

Pastoors Paar:
Frik Weideman (083 459 5158)
frik@menorahtabernakel.co.za

Amelia Weideman (084 580 8233)
amelia@menorahtabernakel.co.za
​
Media:

​Charlen​é Pretorius (079 713 9975)

  • Facebook
  • Youtube
  • Instagram

Word deel van ons Aanlyn en WhatsApp/Telegram familie. 

© 2024 Menorah Tabernakel

bottom of page